Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Worcester Standard
Waarom altyd die druk op vroue om tot trou te kom?

Dié tyd van die jaar is daar baie troues. En as ek sê baie, is dit nie die troues wat ek bywoon nie, maar ook dié wat ek op Facebook sien. Dit is asof almal troukoors het. 


Almal om my raak óf verloof óf het onlangs op ’n wynplaas iewers die knoop deurgehak. 


Denique Smith

Die afgelope naweek het ek en my kêrel ’n troue in Bredasdorp bygewoon. Hy stel my voor aan sy vriende en die een vra: “Is dit nog nie jou vrou nie?” 


Hy lag uit sy maag. Hy sê toe, nee, dit is nog nie die regte tyd nie. Deur die loop van die dag word hy gepeper met die vraag: Wanneer trou julle? En al wat hy sê is: “Oor drie jaar.” 


En so kom die vraag toe Maandag van een van my kollegas af: “So, het iets gebeur die naweek?” Ek antwoord ook nog baie mooi, “Ja my verjaardag. Of waarvan praat jy?” 


Sy sê: “Nee, het jy en jou kêrel nie verloof geraak nie?” 


Ek het my kop geskud. Ek het wel ’n ring aan my vinger, maar dit was nie die ring waarvan sy praat nie.


Net omdat ons saam is en almal trou, beteken nie dat ons nou al moet trou nie. Ons ken mekaar al tien jaar en ek weet ons gaan in die toekoms trou, maar die tyd is net nie reg nie. Deesdae trou mense asof dit uit die mode gaan. 


Maar die vraag bly staan: wanneer is dit die regte tyd om te trou? Moet die man die vrou vra om te trou of kan die vrou dit ook doen? Ons leef in ’n tydperk waar enigiets moontlik is. 


Deesdae word soveel druk op ’n vrou geplaas om te trou wanneer sy ’n sekere ouderdom bereik. Waar staan dit dat jy moet trou? As jy voel jy wil alleen wees en op jou loopbaan fokus, is dit oukei. 


As jy voel jy gaan ’n enkelouer wees, is dit geen probleem nie. Baie mense doen dit en hulle is gelukkig met die lewe wat hulle lei. 


Die samelewing moet ophou om soveel druk op vroue te plaas dat hulle moet trou. Vroue het nie mans nodig om finansieel vir hulle te sorg nie en mans het ook nie vroue nodig om vir hulle te kook en skoon te maak nie. Al dié goed kan jy self doen. 


In sekere gelowe is dit wel so dat vroue moet trou met die persoon wat hul ouers gekies het en dat die keuse gemaak is sodat die vroue na die mans moet omsien en ook andersom.


Ek reken jy moet baie vrae vir jouself en jou aanstaande vra om seker te maak julle is gereed om daardie groot stap te neem. 


Dit is elke meisie se wens om met die man van haar drome te trou, maar soos hulle sê, trou is nie perdekoop nie. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.