Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Drama oor TB in Worcester

Lienkie se longe, ’n plaaslik ontwikkelde drama wat oor tuberkulose handel, sal tydens Worcester se Paasbasaars op verskeie plekke opgevoer word.

Die drama, wat deur plaaslike akteurs opgevoer word onder leiding van dr. Veronica Baxter van die Universiteit Kaapstad se Dramaskool, vertel die storie van Lienkie, wie se longe ’n gesprek voer oor hul gesondheid en die gesondheid van Lienkie se kêrel.

Volgens dr. Michele Tameris van die Suid-Afrikaanse Tuberkulose-entstofinisiatief (Satvi), wie se idee die drama is, is tuberkulose steeds ’n groot probleem in die Worcester-omgewing, en wil hulle mense met die drama dieper laat dink oor hoe om TB te voorkom en wat om te doen, sou hulle TB opdoen.

In aanloop tot die Paasbasaars, sal die drama regdeur die streek by landelike klinieke so ver as McGregor, Robertson en Bonnievale opgevoer word. Die opvoering is moontlik gemaak deur ’n toekenning van die Wellcome Trust, ’n internasionale nieregeringsorganisasie gebaseer in Engeland.

Besoekers aan die Paasbasaars kan ook na afloop van die fees deelneem aan fokusgroepe om die drama te evalueer. Vir meer inligting, skakel 080 021 2785.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.