As jy in die hospitaal sukkel dat baba moet latch of jy het nie genoeg melk nie, vat 'n inspuiting en suig uitgepompte borsmelk of formule melk met hom op. Vat jou indeksvinger en sit in baba se mond. Drup die melk op jou vinger terwyl baba suig. So kry sy melk in en moet self die suigwerk nog doen en kry nie nipple confusion nie. Ek het dit gedoen met formulemelk en later het my melk ingekom en my baba het geen probleem gehad om my eie melk daarna te drink nie.