book-icon Uitgawe Februarie, Maart, April & Mei 2021

123 piepie! Maak só met potjielesse

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Vyf doeke per dag, twee jaar lank: 3 650 doeke. Dit is dus heeltemal te verstane dat ouers gretig uitsien na die begin van potjielesse. Maar lees eers verder om seker te maak dat jou kleinding ook gereed is vir hierdie nuwe fase, want as jy te gou te veel druk (!) kan jy die hele proses kelder.

Voor julle in alle erns begin, moet jy eers seker wees jou kind is gereed. Begin eerder later as te vroeg. Ouderdom alleen is nie ’n ware aanduiding dat jou kind reg is nie – potjielesse word tipies op enige tyd tussen 18 maande en vier jaar aangepak. Dinge wat ’n verskil maak is so uiteenlopend soos die seisoen (somer is makliker), jou kind se geslag (dogtertjies is tipies vroeër reg) en jou kind se geaardheid (’n steeks kind, bang kind of een wat graag grense toets kan meer tyd nodig hê), asook hoe geduldig julle is en of daar by die kleuterskooltjie met potjielesse begin is.

Vir dié wat regtig ’n ouderdom wil hê: Potjielesse is glo op hul suksesvolste wanneer dogtertjies gemiddeld 32 maande oud is en seuntjies 36 maande, sê die kenners op Google. Maar onthou, individuele kinders steur hulle maar min aansogenaamde Google-kenners.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees