Feite oor Kraniostenose

akkreditasie
Die fontanel is die ruimte tussen die skedelbene van babas wat met 'n sagte bindweefsellaag bedek is. Wat weet jy as ouer van jou baba se fontanel en wanneer dit moet toegroei?

  • Kraniostenose is voortydige sluiting van die skedelnate by baba's voordat die brein ophou groei het.
  • Dis nie 'n skaars toestand nie en kom wel voor by 1 uit elke 2100 geboortes.
  • Voortydige sluiting van die fontanelle is nie die hoofpatologie nie, maar wel sluiting van die skedelnate. Kraniostenose kan steeds voorkom al is die fontanelle nog oop.
  • Die oorsaak van Kraniostenose is onbekend behalwe vir 'n klein groepie wat deel van aangebore sindrome is.
  • Daar is nie 'n verband tussen Kraniostenose en die soort verlossing nie. Die hoofdoel van die skedelnate is om toename van die skedelomtrek toe te laat terwyl die brein groei.
  • Elke naat  kan op sy eie voortydig toegroei en dit bepaal die abnormale vorm wat die skedel sal inneem. Die abnormale vorm wissel afhangend van watter naat voortydig gesluit het  
  • Ouers moet bedag wees op 'n abnormale kopvorm, sigbare en tasbare beenriwwe oor die skedelnate en soms 'n verlies aan skedelgroei. Daar is af en toe tekens van verhoogde intrakraniale druk wat met braking en apnee aanvalle geassosieer is.
  • Wanneer ‘n baba nie betyds behandeling ontvang vererger die abnormale kopvorm progressief wat kan lei tot intellektuele skade en ‘n afname in sig.  
  • Plasiese chirurgie is selde nodig, behalwe wanner die toestand baie laat gediagnoseer word. Ideaal gesproke is die resultaat die beste as die baba's binne die eerste 6 maande van hul lewe neurochirurgies geopereer word.
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees