Maak jou eie oerwoudsap

akkreditasie
Menige ma's en borsvoedingkonsultante sal vir jou sê dat oerwoudsap jou help om meer borsmelk te produseer. Hier is die resep, probeer dit gerus!

Om jou eie oerwoudsap te maak, meng die volgende bestanddele:

  • 2 liter water
  • 1 liter appel-, druiwe-, of bessiesap
  • 1 sakkie Rehidrat
  • 60ml Schlehen se swartbessie-eliksir
  • 1 Cal-C-Vita tablet (opsioneel)
  • 'n paar druppels Rescue Remedy vir die nodige ontspanning. 

Maak 'n groot hoeveelheid aan en hou in die yskas.

Oerwoudsap sal jou stamina gee, jou gehidreer hou en help ook om jou borsmelk meer te maak Dit smaak boonop nogal lekker. 

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees