Sal jy borsmelk skenk?

akkreditasie
Borsmelk is beter as enige namaaksel – sal jy ooit so n intieme skenking maak?

 Ja, jy lees reg – skenker melk en dit nog boonop borsmelk.  Soos my stywelip kollegas sal sê, ‘But why?’

Dis eenvoudig – babas is gemaak om borsmelk te drink vir kos. Dit is al bewys dat siek en premature babas (maar eintlik alle babas) se groei en ontwikkelling baie beter vorder op borsmelk as enige namaaksel.

Met die getalle van vroeg gebore babas in die Wes Kaap wat jaarliks toeneem, ondervind die mediese veld  die probleem dat daar dikwels meer babas as melk is.  Daar is verskeie redes vir die groot behoefte. Terwyl HIV positiewe moeders aanbeveel word om te borsvoed is dit nie die geval met moeders wat VIGS het nie. 

´n Tweede oorsaak is die hoër persentasie van meerling swangerskappe wat prematuur eindig.  Die babas begin dan grooter volumes melk drink voordat die ma se laktsie op so ´n vlak funksioneer dat sy aan hulle behoeftes kan voorsien.

Ongelukkig is daar ook gevalle waar die ma self so siek is dat sy nie in staat is om melk te produseer nie.  Natuurlik sien mens ook die voorkoms van moeders wat borsverkleinings gehad het of 'n hormoon wanbalans het wat voorkom dat haar eie liggaam kan melk produseer.

Die besluit om alle premature babas slegs borsmelk te gee – waarvan die voordele met deeglik navorsing bewys is – het gelei dat mortaliteits statistieke drasties verlaag het.  Premature babas wat slegs borsmelk kry, groei vinniger, het dikwels minder antibiotika nodig en word vinniger uit die hospitaal ontslaan.

Die voorkoms van NEK (nekrotiese enteriokolitis – 'n groot woord vir vrot derms) het ook drasties verminder nadat Prof Kirsten van die Tygerberg Kinderhospitaal dit weer eens bevestig het – nadat borsmelke die enigste melk is wat premature babas behoort te ontvang.

Nou bly die vraag – hoe kan jy help?

Indien jy ‘n gesonde lakterende vrou is – kan jy 'n groot verskil maak in 'n baba se lewe.  Slegs 30ml per dag is genoeg vir ‘n 1kg baba se voedings oor 24 uur.

'n Gratis bloedtoets (hepatitis B en HIV) om die veiligheid van die donor melk te verseker word gedoen in die Wes Kaap. 

Indien jy gretig is om te begin skenk kan jy borsmelk in enige gesteriliseerde glas botteltjie vries totdat die proses van sifting afgehandel is.

Die borsmelkbank benodig ook dringend glas botteltjies met goed passende doppies.

Skenkers is broodnodig en lakterende vroue is welkom om my te skakel op
0827857770, of te epos by susandw@mweb.co.za, of milkmatter te kontak by 0837716230

Sal jy ooit borsmelk skenk?

 

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees