V&A: My baba weier om van die bors na die bottel oor te slaan

akkreditasie
My vier maande oue baba weier om van die bors na die bottel oor te slaan. Ek gaan een van die dae terug werk toe en het reeds alles beproef: uitmelk, twee verskillende soorte formulemelk en ook vier verskillende bottels. Sy stel glad nie belang nie. 

ANTWOORD: 

Sr. Burgie Ireland:

Borsbabas hou daarvan om hulleself te speen. Terug werk toe gaan hoef nie die einde van borsvoeding te beteken nie – jy kan steeds soggens voor werk borsvoed en dan weer saans. As jou baba in die nagvoed, kan jy ook daarmee uithelp.

’n Baba wat tevrede is met borsvoeding sal nie verstaan waarom sy nou ewe skielik na ’n bottel moet oorskakel nie. Vra ’n ander volwassene soos jou baba se pa of die oppasser om haar aan die bottel gewoond te maak. As dit nie werk nie, kan jy jou baba dadelik uit ’n beker laat drink. Kies ’n klein plastiekbeker en met geduld en tyd sal sy dit regkry.

Teen ses maande kan sy vaste kos begin eet en sal sy geleidelik nie meer net melk nodig hê nie. Dis ook ’n goeie idee om alles die vorige aand reg te sit.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees