V&A: Vergroote borste en borsvoeding

akkreditasie
Ek het twee jaar gelede my borste laat vergroot. Ek is nou 6 maande swanger en wil graag borsvoed – sal dit moontlik wees?  

Baie geluk met jou eersteling. Nie net behoort dit moontlik te wees om te borsvoed nie, die prosteses behoort glad nie jou vermoë om te borsvoed te beïnvloed nie. Die meeste kosmetiese chirurge plaas deesdae die prosteses onder die borsspier, waar dit glad nie aan die klierweefsel ’n verskil maak nie. Selfs al het die chirurg die prostese bo-op die spier geplaas, lê dit nog steeds agter die borsweefsel en raak dit nie die klierweefsel nie.

Sommige pasiënte vind dit moeiliker om te borsvoed as ander, maar dit het met die klierweefsel self te doen. Onthou tog maar om voor baba se geboorte oor borsvoeding na te lees. Skakel gerus ook ná die geboorte by ’n borsvoedingskliniek in. Dit duur sowat drie dae voor die melk inkom. Pas jou tepels mooi op want as dit eers stukkend is, is borsvoeding seer en onbevredigend. Geniet die laaste pylvak en lekker voed!

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees