V&A: Waarom is kolostrum so belangrik?

akkreditasie
Waarom is kolostrum se kleur anders as die melk wat daarna kom, en waarom word dit so belangrik geag?

Lisanne du Plessis antwoord:

Kolostrum is taaierig en geel, hoofssaklik weens die groter hoeveelheid vitamien A wat dit bevat. Hoewel dit in klein hoeveelhede gepoduseer word, bevat dit gekonsentreerde voedingstowwe om aan te pas by die baba se klein maagkapasiteit. Dis baie belangrik om jou baba minstens agt tot 12 keer in 24 uur te te voed sodat sy al die voordele van die kolostrum kan kry.

Gereelde voeding stimuleer ook die borste om teen dag drie of vier genoeg volwasse melk te produseer en voorkom ook stuwing van die borste.

Kolostrum word beskou as baba se eerste immunisasie omdat dit groot hoeveelhede teen liggaampies bevat wat baba beskerm teen die bakterieë en virusse van die buitewêreld. Volwasse melk bevat ook hierdie lewende selle, maar in kleiner hoeveelhede.

Kolostrum help voorkom dat baba se bloedsuiker net ná geboorte te laag daal. Dit het ook lakserende eienskappe en help baba met haar eerste stoelgang. Dit speel daarby 'n belangrike rol om die dermkanaal te beskerm deurdat dit 'n beskermende lagie aan die binnekant van die derm vorm en so keer dat skadelike stowwe deur die dermwand beweeg.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees