V&A: Watter toetse moet my pasgebore ondergaan?

akkreditasie
Ek kraam binnekort en weet dat daar ’n hele reeks toetse is wat my pasgeborene binne die eerste 6 weke moet ondergaan. Dit gaan moeilik wees om in die eerste paar dae met my baba rond te ry. Watter toetse kan gedoen word terwyl ons nog albei in die hospitaal is en watter toetse moet by ’n babakliniek gedoen word?

Phindi Mashinini (Geregistreerde verpleegster en vroedvrou) antwoord:

’n Apgar-telling word onmiddellik ná geboorte gedoen om vas te stel of jou baba gesond is.

’n Pediater sal dan ’n fisieke ondersoek binne 24 uur ná die geboorte doen, behalwe as daar kommer oor die baba is. In laasgenoemde geval staan die pediater by met die geboorte en evalueer die baba onmiddellik.

Jou baba se skildklierfunksie kan met ’n bloedtoets (genoem die TSH-toets) in die hospitaal getoets word.

As jou baba op dag 3, net voor sy ontslag, lyk of hy geelsug het, kan sy bilirubien (galpigmente) getoets word om enige moontlike metaboliese afwykings op te spoor en te behandel voor hy huis toe gaan. Die eerste immuniserings word ook voor ontslag gedoen: teen tering en teen polio.

Daarna kan jy 6 tot 8 weke wag voor jy baba vir sy eerste kliniekbesoek neem.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees