book-icon Uitgawe Desember 2018 & Januarie 2019

Mylpale: Baba moet dít kan doen

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Dis baie opwindend om te sien hoe jou baba van ’n hulpelose bondeltjie in ’n onafhanklike individu met sy eie persoonlikheid verander. Onthou net dat elke baba teen sy eie pas ontwikkel en dat ’n effens traer ontwikkeling nie ’n teken van sy toekomstige vermoëns is nie.

Baie ouers is bekommerd dat hul kind nie genoeg vordering teen die verwagte tyd maak nie, maar die beste manier om seker te maak dat jou baba se mylpale op datum is, is om hom gereeld deur die pediater of klinieksuster te laat ondersoek. Hulle gaan baba se fisieke ontwikkeling na deur hom te weeg, te meet en fyn te bekyk.

Gesels oor sy vordering en wat jy kan doen om dit aan te help, soos om hom gesond te laat eet wanneer dit tyd vir vaste kos word. Hou altyd in gedagte dat jou baba se ontwikkeling by sy kop begin en in ’n spesifieke volgorde ondertoe beweeg. Hy sal dus nie ’n vaardigheid aanleer voor hy nie die spierbeheer en denkpatrone ontwikkel het wat vir daardie vaardigheid nodig is nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees