book-icon Uitgawe Oktober & November 2018

Jou 7-stap-plan vir jou baba se skeidingsangs

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Teen omtrent nege maande oud – dit kan ’n bietjie vroeër of ’n bietjie later ook wees – begin jou baba verstaan dat jy en sy twee afsonderlike wesens is, en dat jy soms nie teenwoordig is nie. Jou baba leef in die oomblik en het geen begrip van die verlede of die toekoms nie, daarom voel dit vir haar asof jy haar verlaat elke keer wanneer jy uit die vertrek gaan, al was jy net ’n paar minute lank weg.

Dis vir haar baie onstellend. Jý weet natuurlik goed jy kom terug, maar daarvan verstaan jou baba nog niks. Wanneer sy jou nie kan sien nie, voel dit vir haar of jy skielik nie bestaan nie. Dit maak haar bang en angstig. Moet dus glad nie sleg voel as jou baba aan jou klou nie. Dis ’n teken dat jy en sy goed gebind het, en dat jou koestering vir haar die belangrikste ding op aarde is. Dit beteken ook dat haar instink reg is en dat haar intellektuele ontwikkeling op dreef is. Help haar met groot empatie en geduld om haar vrees geleidelik te oorkom, en so neem julle saam die eerste klein treetjie na onafhanklikheid.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees