book-icon Uitgawe Oktober & November 2019

Baba sluk winde

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

My baba is een maand oud en ek het gedink hy drink goed en suig behoorlik aan my bors vas, maar hy sluk steeds baie winde. Dit maak hom huilerig, winderig en onrustig. Hoe kan ek seker maak dat hy behoorlik vassuig en nie winde sluk nie?

Babas drink die voormelk aan die begin van ’n voeding soms baie gulsig. Wanneer die melkvloei stadiger begin word en die agtermelk inkom, raak hulle dan geïrriteerd. As jy jou baba te vroeg van die een bors afhaal en aan die ander bors sit, drink hy weer van die ander bors se voormelk. Die voormelk bevat meer laktose as die agtermelk. Hierdie groot lading voormelk en hoër laktose-inhoud kan maagkrampe veroorsaak wanneer die melksuiker begin verteer. ’n Baba wat net voormelk drink kan stadiger gewig aansit, ontevrede aan die bors wees en ’n groenerige, waterige doek hê.

Kompressie kan die vloei van die agtermelk aanhelp. Wanneer jou baba goed aan die bors geheg is, laat hierdie tegniek die melk vinniger vloei. Hou jou bors met een hand vas met die duim aan die een kant en die ander vier vingers aan die ander kant. Druk jou duim en vier vingers na mekaar toe om druk op die bors uit te oefen. Druk ferm, maar dit moenie seer wees nie! Verander met elke saampersing jou handposisie effens sodat jy ’n ander deel van die bors saampers. Laat jou baba weer drink en hou aan met die saampersing tot jou baba self die voeding beëindig.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees