book-icon Uitgawe Junie & Julie 2018

Bad jou pasgeborene

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

“Wat kan nou eenvoudiger as ’n bad wees?” vra mense wat nog nooit ’n pasgeborene moes bad nie. Maar jý ken die probleme maar alte goed: Dis om te weet wanneer en hoe om haar te bad, hoe om daardie delikate klein nekkie in glibberige water te ondersteun, hoe om haar nie in die water of op die grond te laat val nie, waar jy hard moet was en waar sag ... Volg ons gids en jy sal baba se badtyd gou vol selfvertroue aanpak.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie raai ouers aan om hul pasgeborene nie in die eerste 24 uur ná haar geboorte te bad nie. Dit laat die liggaam toe om die vernix – die voordelige antibakteriese vellagie vol proteïen en aminosure – te absorbeer.

Pasgebore vel is ongelooflik delikaat en kan uitdroog as dit te veel gebad word. Uitdroging maak dit weer vatbaar vir uitslag en infeksies. Die Gautengse geregistreerde verpleegster, laktasiekonsultant en vroedvrou Hettie Grove sê ’n bad elke twee tot drie dae is meer as genoeg – en selfs te veel as jy op ’n droogtegeteisterde plek woon!

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees