book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2018

Idees vir hoe jy speel-speel met jou baba kan bind

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Arbeidsterapeute, kindersielkundiges, onderwysers – eintlik almal wat iets weet van die ware behoeftes van kinders – is dit eens: Ouers moet tyd maak om met hul kinders te speel. Dis hoe jy hulle help bou – aan spiertjies, ’n selfbeeld en ’n stewige band tussen julle. Die pret is gewaarborg.

Beweging herinner jou kleinding aan die sagte gesus wat sy in die baarmoeder ervaar het. Gaan gerus voort met baarmoedertipe-bewegings wanneer jou baba in die wêreld is deur haar knus toe te draai en ritmies heen en weer te wieg. Jy kan haar van drie weke af in ’n drasak ronddra; dan is jou hande ook sommer vry om met huistakies aan te gaan. As jy boonop saggies vir haar kan sing terwyl julle beweeg, het jy ’n wenner beet.

Jy is die vriendelike leeu en sy bly die kruipende baba. Kruip saam en maak geluide terwyl jy met jou baba speel. Namate sy ouer word, kan die leeu ál kwaaier word en die baba probeer vang. As dit begin lyk of sy haar eerste treetjies wil gee, kan julle dié speletjie begin speel: Laat haar op jou voete staan, hou al twee haar handjies vas en laat haar op jou voete stap. Gee lekker groot treë. Dit sal haar nie net aanmoedig om self die groot stap te doen nie, maar groot pret ook wees.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees