book-icon Uitgawe Mei & Junie 2020

Bobaas-borsvoeding

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Vra enige ma wat die borsvoederva­ring deurleef het, en sy sal jou tien teen een eerder vertel van daardie absolute gevoel van vervulling om jou honger babatjie teen jou bors te kan ver­sadig as van al die moeilike borsvoedtye. In elk geval verskil elke borsvoedervaring net soos elke swangerskap. Dis nie te sê jy gaan sukkel omdat van jou vriendinne dalk borsvoedbeproewings moes deur­staan nie. 

Hoe dit ook al sy, elke webtuiste en boek en navorsingstuk sal jou vertel moedersmelk het geen gelyke onder die son nie. Geen produk kan die waarde daarvan vir sowel ma as kind ooit ten volle naboots nie.

Baie vroue getuig hoe borsvoeding die fondament vir bin­ding met hul nuweling gelê het. Selfs wanneer dinge nie onmiddellik werk soos dit moet nie, kan jy jou baba as ’n bondgenoot beskou saam met wie jy die nuwe vaardigheid moet bemeester eerder as iemand wat nie wil saamwerk nie. Met die regte in­ge­steldheid kan dit julle steeds nader aan mekaar bring.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees