book-icon Uitgawe Oktober & November 2019

Borsvoed met sukses

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Nuwe ma’s voel dikwels onhandig en oorweldig as dit by borsvoeding kom: Dis ’n groot verantwoordelikheid om ’n afhanklike mensie se enigste voedselbron te wees. Maar hou moed! Sowel jy as jou baba is gebore om te borsvoed – dis instinktiewe gedrag eerder as ’n vaardigheid wat julle moet aanleer. Dis dalk nou moeilik om te glo, maar binnekort sal borsvoeding vir julle albei tweede natuur wees.

Navorsing wys dat die eerste 72 uur van kritieke belang is. As dinge dan vlot verloop, het jy ’n baie groter kans om jou borsvoedingsdoelwitte te bereik. Hoe meer gereeld en doeltreffend jou baba drink, hoe vroeër sal jou melk inkom en hoe oorvloediger sal jou voorraad wees. Melkproduksie is ’n stelsel van vraag en aanbod: Hoe beter jou baba jou borste ledig, hoe meer melk sal jy maak.

Al voel dit vir jou reg ná die geboorte of jy nog geen melk het nie, is daar reeds kosbare vloeistof wat vir baba wag. Die eerste melk staan as kolostrum bekend. Dis ’n dik, gelerige vloeistof en bevat baie proteïen – veral immunoglobulien, wat jou baba se immuniteit teen infeksies verhoog. Kolostrum help jou baba ook om ontslae te raak van mekonium, die eerste swart, slymerige poef in sy derms. In die loop van die daaropvolgende dae word die kolostrum geleidelik met volwaardige melk vervang; dit is waarom jou borste op dag drie tot vyf ná die geboorte so vol voel. Dis belangrik dat baba aan jou bors suig omdat die suigaksie die melkproduksie aan die gang sit.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees