book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2018

Brose vel

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Hoewel jou baba se vel as die eerste beskermingslaag dien wat haar teen fel temperature, mikroörganismes en infeksies beskerm, is jou baba se vel ook baie anders as ’n volwasse vel.

Dermatoloë weet nou dat ’n baba se vel buite die baarmoeder eintlik aanhou ontwikkel. Veral die vel se vermoë om as waterversperring te dien hou in baba se eerste jaar aan ontwikkel.

Die wêreld in die baarmoeder is nat en daar was jou baba deur vrugwater omring. Haar velletjie het haar teen die vrugwater beskerm met die hulp van ’n wasagtige lagie wat vernix genoem word en wat haar bedek en geïsoleer het. Met geboorte sal daar steeds ’n bietjie vernix aan haar vel wees en jy behoort nie te haastig te wees om dit af te was nie. Daar is bevind dat vernix bestanddele bevat wat teen bakterieë veg en wat baie dieselfde is as die immuunversterkende, beskermende middels wat in borsmelk voorkom. Dis dus ’n goeie plan om ná die geboorte baba se eerste bad vir ’n dag of twee uit te stel sodat die vernix-lagie deur die vel geabsorbeer kan word.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees