book-icon Uitgawe Augustus & September 2018

Die A-Z van professionele slaapafrigting

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Stap enige boekwinkel binne en tel hoeveel boeke daar op die rak oor slaap is – maklik meer as honderd! Slaap is nie net een van die grootste bronne van bekommernis en frustrasie vir ouers nie, maar vandag verdien verskeie plaaslike ondernemings hul brood en botter met slaapafrigting. Dit is om ’n goeie rede: Hoe sagkens die aanslag en metode ook al is, slaapafrigting skep steeds ’n mate van spanning vir ouers én babas – en dit is dikwels waarom slaapafrigting tuis misluk, sê Rhonél Scheepers van Sleep Training Consultants, wat konsultante landwyd het. Boonop is daar soveel teenstrydige inligting op sosiale media en in verskillende boeke dat ouers oorweldig voel deur die magdom inligting en dikwels sukkel om te onderskei tussen wat streng genoeg is en wat nie té streng is nie. “Die doel van ’n professionele slaapafrigter is om hierdie spanning van die ouers weg te neem en die baba op ’n kalm en gefokusde manier te leer slaap,” verduidelik Rhonél. Volgens Andalene Salvesen van die ouerskapsafrigtingsgroep Munchkins het slaapafrigting ’n slegte naam gekry omdat dit vroeër jare verbind is met die idee dat babas toegelaat moet word om hul hartjies uit te huil, maak nie saak hoe histeries hulle word of hoe lank die gehuil duur nie. “Studies wys so ’n uithuilery kan lewenslange skade by ’n kind veroorsaak en selfs later tot sielkundige afwykings lei,” sê Andalene. “Dit is glad nie wat professionele slaapafrigters vandag doen nie.” Petro Thamm van Good Night Child Sleep Consultancy beveel aan dat ouers hulp soek sodra hulle voel hulle het ’n probleem in die huishouding. “Slaapafrigting alleen is nooit die antwoord op ’n slaapprobleem nie – daar moet holisties gekyk word na ’n huishouding se roetine en veral sensoriese en voedingskwessies,” verduidelik Petro, wat in Centurion woon. “Die meeste ouers het ongelukkig nie die nodige kennis om hul baba se slaapprobleem holisties te bekyk nie en wanneer hulle ’n program uit ’n boek of van die internet gebruik, misluk dit gewoonlik.” Professionele slaapafrigters volg almal dieselfde beginsels, maar hul metodes verskil. Gesels met ander mammas oor wie en wat vir hulle gewerk het, want die beste verwysing vir ’n slaapafrigter is haar kliënte.

Rhonél Scheepers, Mom’s Helper en Sleep Training Consultants

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees