book-icon Uitgawe Oktober & November 2018

Die opwindende eerstes!

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Trots, hartseer, blydskap, angs en opwinding – jy gaan in die eerste paar weke ná jou baba se geboorte baie gemengde emosies ervaar. En een ding is seker: Jy gaan meer as een keer verras voel! Geniet elke oomblik – dié kosbare tyd vlieg behoorlik verby.

Dit is die grootste oomblik van jou lewe – daardie eerste keer wanneer jy jou baba vashou. Maak jou gereed vir die oorweldigende liefde wat jy gaan voel wanneer jy vir die eerste keer in daardie ogies kyk. Wees egter gewaarsku: Jou patroontjie lyk by geboorte glad nie soos ’n kunswerk nie. Haar velletjie kan oortrek wees met ’n vetterige wit stof genaamd vernix, daar kan bloed en merkies aan haar lyfie wees en haar kop kan dalk ’n snaakse vorm hê. Dis alles normale nagevolge van die geboorte en verdwyn gelukkig ná ’n paar dae. Vra om jou baba so gou moontlik vas te hou sodat julle nader kan kennis maak. Oorweeg dit om haar kaal lyfie teen joune te hou – vel-teen-vel-kontak hou haar warm en kalm en help haar hartklop en asemhaling reguleer. Dit help ook met binding en dit kry oksitosien, die liefdeshormoon, verder aan die vloei. Gesels met jou kleinding terwyl jy kyk hoe volmaak sy gevorm is. Sy sal op jou stem reageer, haar vingertjies om jou vingers krul en vir jou kyk.

Kenners is dit eens dat jul kans op suksesvolle borsvoeding baie beter is as julle dit binne die eerste uur ná die geboorte kan doen. Dit is vir baie nuwe ma’s intimiderend, maar dit is een van die betowerendste mylpale. Dit is die begin van iets baie besonders: julle spesiale bindingstyd. ’n Goeie begin vir borsvoeding is vel-tot-vel-kontak reg ná die geboorte. Dit stimuleer jou hormone vir borsvoeding en sal baba na jou bors laat soek. Aanvanklik sal jou borste nie melk hê nie, maar kolostrum. Dis ’n gelerige vloeistof wat ryk is aan teenliggaampies om jou baba teen infeksies te help beskerm. Dit is min, maar meer as voldoende. Jou baba het niks meer nodig nie. Korrekte vassuig aan jou bors is die sleutel tot suksesvolle borsvoeding, anders kan jou tepels seerkry. Kielie baba se wang met jou tepel en sy sal haar oop mondjie in daardie rigting draai. Bring haar koppie dan vinnig na die bors sodat ’n groot deel van jou tepel in haar mond is. As sy reg vassuig, sal haar mondjie wyd oop wees, haar onderlippie uitkrul en sal dit nie seer wees nie. As jy sukkel, vra die personeel of ’n borsvoedkenner om jou te help. Sluit sommer voor die geboorte by borsvoedingsgroepe op sosiale media aan om vir genoeg ondersteuning te sorg.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees