book-icon Uitgawe Desember 2018 & Januarie 2019

Dís wat jy baba kan doop

akkreditasie
Seunsname
Seunsname

As jy swanger is, gaan jy en jou maat binnekort met ’n naam vir jul nuwe baba vorendag moet kom. Dis ’n opwindende besluit, maar nie altyd ’n eenvoudige een nie. Die meeste ouers weet van die begin af watter soort naam hulle verkies – ’n Bybelse naam, familienaam, byderwetse naam, of ’n naam met betekenis.

Die belangrikste is egter dat sowel jy as jou maat met die naam tevrede is. Julle kan julle afvra of dit maklik is om te sê in die taal wat julle tuis praat en of jul vriende en veral jou kind se maats dit sal kan uitspreek en onthou.

As jy ’n naam oorweeg, is dit wys om dit eers ’n paar keer hardop te sê en te gebruik voor jy ’n besluit maak. Dit klink dalk anders as wat jy jou voorgestel het. Nog ’n ding wat jy in gedagte moet hou, is hoe jou kind oor ’n paar jaar oor sy of haar naam gaan voel. Dit bly egter julle keuse en op die ou end is dit iets waaroor julle twee gek moet wees.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees