book-icon Uitgawe Desember 2019 & Januarie 2020

Eerstekeer-ma's: Het ek maar geweet ...

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Lomari Aspeling (22), Potchefstroom, Noordwes Ek wens ek het geweet dat dit nie regtig nodig is om ’n groot klomp bottels en fopspene te koop nie, om eerder ná ses weke te begin uitmelk, en om tepelbeskermers aan te skaf. Ook dat dit nie regtig so noodsaaklik is om ’n melkvoorraad op te bou terwyl jy met kraamverlof is nie. Daar is meer as genoeg tyd om tuis en by die werk uit te melk. Ek salook altyd ’n slaapposisioneerder aanbeveel!

Elzaine Erasmus (31), Bellville, Wes-Kaap Ek wens ek het geweet hoe gou die tyd verbyvlieg. Aan die begin is ’n mens so oorweldig deur al die nuwighede dat jy soms vergeet om elke oomblik in te neem. Ek wens ek het geweet dat dit normaal is om te voel dat jy geen idee het of jy die regte ding doen nie, maar dat jy verseker kan weet jou mamma-instink wen! 

Siné Fourie (28), Meyerton, Gauteng Ek wens ek het met die eerste een geweet daar is geen regte of verkeerde manier om ’n baba te hê nie. En met die tweede een dat alle babas, swangerskappe en geboortes verskil. Ek wens ek het bevrore etes vir die eerste paar dae of moeilike dae berei. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees