book-icon Uitgawe Augustus & September 2018

Fyn vat: Vingerkos vir klein vingertjies

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Jou baba het waarskynlik iewers rondom ses maande begin eet. Jy voer getrou die lepeltjies puree, maar sy wil heeltyd die lepel by jou gryp.

Een oplossing is om vir haar haar eie lepel te gee terwyl jy haar steeds voer. Die ander is om vir haar kos te begin gee wat sy self kan eet. Nie net sal dit haar onstuitbare wil om self dinge te doen bevredig nie, dit sal ook vir haar ’n hele nuwe wêreld vol interessante dinge oopmaak.

Jou baba ontwikkel op haar beste in ’n omgewing waar al haar sintuie gestimuleer word. Vingerkos is ’n eenvoudige, natuurlike manier om haar op verskeie vlakke te stimuleer sonder dat jy eens daaroor hoef te dink. Al die vat en voel, pap druk en smeer stimuleer haar tassintuig.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees