Glad nie so pap nie

akkreditasie
Jou nuwe baba het vreemde nukke en gaan in die eerste weke 'n paar eienaardige dinge doen. Wees voorbereid op reflekse en verstaan waaroor dit gaan.

Jou splinternuwe baba is geprogrammeer om te oorleef. ’n Pasgeborene se re¬ekse is instinktiewe reaksies op verskillende prikkels in haar omgewing. Dis ’n aanduiding dat sy op en wakker is en ’n funksionerende wesentjie, al is sy nog nie in bewustelike beheer van haar ly e nie.

Dis ook een van die eerste dinge wat jul pediater sal toets, want afwesige re¬ekse kan op neurologiese probleme dui. Re¬ekse speel selfs voor geboorte ’n rol. Dis immers re¬ekse wat haar deur die geboortekanaal laat wriemel en kriewel.

Ná haar geboorte hou sy aan om bewegings en reaksies uit te voer wat onbewustelik in die baarmoeder geoefen is. Hier is party van die re¬ekse wat jy in die eerste dae en weke sal sien as jy op die uitkyk daarvoor bly.

Ek wil voed

Jou baba se suig- en soekre¬eks is noodsaaklik vir oorlewing. Sonder voeding sal sy tog gou honger ly. ’n Baba soek instinktief haar ma se bors, selfs binne die eerste 20 minute ná haar geboorte al.

Dis hoekom dit ’n goeie idee is om in die eerste uur ná geboorte te begin borsvoed. ’n Pasgebore baba wat laag op haar ma se bors geplaas word, sal selfs haar pad na bo kan wikkel!

As jy die wang naaste aan jou bors saggies aanraak, sal jou baba haar kop in daardie rigting draai en dadelik haar mond oopmaak, reg om vas te suig. Dit staan bekend as die soekre¬eks. Babas het ook ’n suigre¬eks wat inskop sodra druk op hul verhemelte geplaas word.

Terwyl sy geborsvoed word, leer jou baba om die aksies van suig, asemhaal en sluk te koördineer.

Ek glimlag

Jou baba sal eers tussen ses en agt weke oud werklik glimlag in reaksie op jou gesig of glimlag. Daarvóór is die mondbeweging wat soos ’n glimlag lyk eintlik net ’n re¬eks – waarskynlik in reaksie op ’n wind. (Maar dit bly oulik!)

Ek wil asemhaal

Jou baba het nie in die baarmoeder asemgehaal nie. Sy was immers in water gehul. Haar eerste asemteug is byna ’n wonderwerk. Dit kan ’n gaap of harde skree wees terwyl sy vir die eerste keer lug in haar longe intrek.

Die instink om asem te haal word geaktiveer deur die skielike verandering in temperatuur op haar vel van die warm, vloeibare baarmoeder na die koue droë buitelug.

Sommige babas hyg selfs ’n bietjie of hik met hul eerste asemteug. Dis ’n teken dat jou baba se midrif en ander asemhalingspiere besig is om te versterk.

Ek wil vashou

Jou pasgebore baba het ’n sterk gryprefleks en sal haar hand toemaak rondom enigiets wat aan haar palm raak. Sy sal dieselfde met haar voete doen en haar tone na binne en onder krul as daar aan die bal van haar voet gedruk word.

Daar word gesê dat ’n pasgebore baba met al twee handjies aan ’n draad sal kan hang, maar ons beveel nie aan dat jy dit tuis beproef nie!

Haar fyn motoriese vaardighede ontwikkel vinnig en binne drie tot vier maande sal sy baie meer doelbewus haar handjies kan begin inspan om speelgoed te ontdek.

Ek kyk op

Pasgeborenes het maar pap nekkies, maar hulle werk van die begin af baie hard om hul kop gelig te kry. Wanneer jou baba op sy maag lê, sal hy hard probeer om sy kop te lig. Dis sy eerste poging om die wêreld om hom te bespied. As jy sorg dat hy gereeld tyd op sy maag deurbring, sal hy teen twee maande dit regkry om sy kop en bors te lig, vir tot ’n minuut.

Ek oefen om te loop

Jou baba wil nie regtig al loop nie, maar sy wil haar groot spiere oefen. As jy jou nuwe baba onder haar arms vashou met haar voete op ’n ferm oppervlak, sal sy loopbewegings maak deur haar knieë een-een op te lig.

Dié re¬eks neem af ná ’n paar weke – die rukkerige bewegings word meer willekeurig – en teen sowat drie maande oud sal sy begin om gewig op haar bene te plaas.

Ek kan skrik

’n Harde geluid of skielike beweging naby jou baba sal ’n skrikre¬eks ontlok. Jou baba sal haar bene optrek en haar arms vorentoe bring in ’n omhelsaksie. Sommige babas het dié re¬eks selfs wanneer hulle slaap en skrik as’t ware in hul slaap. Ander kere kan die re¬eks hulle weer wakker maak. As dit jou baba oorkom, kan dit help om haar styf toe te draai.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees