book-icon Uitgawe Junie & Julie 2019

Help baba met fynvat

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Fyn of klein motoriese vaardighede is die manier waarop jou kind se klein spiertjies in haar hande, vingers, gewrigte, tone, oë en selfs tong saamwerk om haar in staat te stel om noukeurige take akkuraat uit te voer.

Dit klink dalk nie nou belangrik nie, maar 60 tot 70 persent van haar skoolaktiwiteite gaan eendag fyn motoriese vaardighede vereis. Jou baba gebruik ook haar fyn motoriese vaardighede om haar wêreld te verken, sê Lizanne du Plessis, ’n arbeidsterapeut en ouerskapsmentor, spreker en skrywer van Durbanville in Kaapstad. Dit het dus ’n invloed op haar groei en ontwikkeling.

Jou piepklein, nuwe baba se fyn motoriese koördinasie is beperk tot die gryprefleks, wat onwillekeurig is. “Dit beteken dat wanneer jy ’n voorwerp of jou vinger in jou baba se hand sit, sy haar hand om die voorwerp vou en dit vashou,” verduidelik Lizanne.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees