book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2020

Help met brandboudjies!

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Die algemeenste oorsaak van luier­uitslag of brandboudjies is dat jou baba se sitvlak te lank aan ’n nat of vuil doek blootgestel was. As dit gebeur, irriteer die urine en stoelgang baba se velletjie en breek dit die natuur­like beskermende lagie van die vel af. Nat, warm boudjies is die ideale teelaarde vir bakterieë. Maar voor jy skuldig begin voel, moet jy onthou dat sommige babas se vel meer sensitief vir sulke irritasies is en op die geringste blootstelling reageer, al ruil jy hul doek elke minuut om. Diarree kan ook ’n rol speel – een studie het gewys diarree veroorsaak tussen 70 en 80 persent van brandboudjie-aanvalle!

Voorkoming is die beste geneesmiddel, sê die slim mense, en dit geld ook vir luieruitslag. Een van die beste wenke vir die voorkoming van brandboudjies is om in die laaste maand van jou swangerskap al ’n goeie probiotikum te begin drink, sê suster Hettie Grove, ’n babakenner van Springs in Gauteng. Probiotika bevorder die natuur­like bakteriebalans van die liggaam en help om diarree – en dus brandboudjies – te voorkom. Dit kan ook help om swaminfeksies soos sproei te keer. Babas wat vaginaal gebore word, kry probiotika in die geboortekanaal, maar keisersneebabas nie. 

“Keisersneemammas moet dus so gou moontlik vir hul baba probiotika gee deur hulle dadelik aan die bors te sit. Gee hulle ook mondelikse probiotika,” is Hettie se raad.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees