book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2018

Het ek mastitis?

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

My baba drink van geboorte af net borsmelk. Nadat ek op ses maande met vaste kos begin het, het ek geen ander vloeistowwe as borsmelk gegee nie. Hy is nou 12 maande oud en ek probeer hom in die dag minder voed, maar my borsmelk pas stadig aan. My borste is baie gevoelig en oorvol. Het ek mastitis? Moet ek dokter toe gaan?

Jy is op die regte pad deur jou baba nou effens minder te begin voed en meer op ’n gesinsdieet te fokus. Jy kan egter tot twee jaar en selfs daarna aanhou borsvoed.

Mastitis is gewoonlik die gevolg van ’n verstopte melkbuisie. Die melk wat agter die verstopping vasgevang is, kan na die omringende borsweefsel gedwing word sodat die weefsel ontsteek. Dit word mastitis of soms melkkoors genoem. Daar kan ook ’n infeksie teenwoordig wees, maar nie in alle gevalle nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees