Hoe kan ek speel met my baba?

akkreditasie
Babas is gretig om te leer en om nuwe goed te ontdek.

PROMOSIE?

"Speel"/interaksie met mense

Gee jou kind die geleentheid om te kyk na gesigte en aandag te gee aan verskeie mense se stemme. Jy kan jou baba sit op jou skoot of laat lê op hul rug. Hou jou gesig in hul gesigsveld. Praat met jou baba. Jy kan ook hulle wys hoe om verskillende gesigsuitdrukkings, byvoorbeeld, hoe om te glimlag.

Sing/Beweging

Jy kan ook 'n gedig vir jou baba sing, byvoorbeeld, "Handjies klap, koekies bak..." Hou jou baba se hande en doen die aksies saam met hulle. As daar 'n ma is met 'n ander baba, laat hulle deel in die pret deur om dit almal saam te doen!

Speel voor die spieël

Hou jou baba voor die spieël of laat hulle speel met 'n speelgoed spieël speel. Wys vir jou kind hulle gesig in die spieël. Praat met jou baba in die spieël. Wys na die verskillende plekke op hulle gesig en noem hulle. Moedig hulle aan om te glimlag vir hulle eie weerkaatsing.

?Myslimkind is Suid-Afrika se voorste program vir Vroeë Kinderontwikkeling (VKO). Kliek hier om aan te sluit by die program.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees