Hoe lank sterliseer ek bottels?

akkreditasie

Vraag:

My babaseuntjie is nou drie maande oud. Ek steriliseer getrou sy bottels en fopspene. Ek het gehoor hoe meer ’n mens steriliseer, hoe meer kwesbaar is jou kind vir siektes omdat sy lyfie nie kieme leer ken nie. Moet ek dit liewer los? Ek wil nie sy immuniteit verswak nie.

Antwoord:

Babas onder een jaar oud se immuunstelsel het nog nie genoeg ontwikkel om al die bakterieë in hul omgewing te hanteer nie. Boonop kry babas wat geborsvoed word, ekstra teenliggaampies in wat nie in formulemelk teenwoordig is nie.

Ongesteriliseerde bottels kan soms ’n baba aan te veel slegte bakterieë blootstel wat sy immuunstelsel kan oorweldig. ’n Baba wie se bottels gesteriliseer word, kom steeds in aanraking met klein dosisse bakterieë in die omgewing wat sy immuniteit mettertyd verbeter.

My voorstel is dat jy jou baba se bottels tot op een jaar oud steriliseer.

Sommige babas het min goeie bakterieë in hul spysverteringskanaal. Dit kan gebeur weens min blootstelling aan bakterieë gedurende geboorte, soos met ’n keisersnee, of as gevolg van behandeling met antibiotika wat slegte én goeie bakterieë doodmaak.

Goeie bakterieë help bakteriese en gisinfeksies voorkom en ’n aanvulling van goeie bakterieë kan die immuunstelsel dus ’n hupstoot gee sonder om jou baba siek te maak. Goeie aanvullings is Bioremferment en Intestiflora – gee jou baba elke dag daarvan.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees