book-icon Uitgawe Desember 2017 & Januarie 2018

Hoe moet my drasak lyk?

akkreditasie

Daar is deesdae so baie oulike drasakke te kry. Ek hou van die idee dat my baba so styf teen my lê. My seuntjie is nou vier maande oud en ek wil graag een aanskaf, maar weet nie watter een om te koop nie – ’n drasak wat op die rug sit, of voor op my bors? En indien laasgenoemde – moet my baba dan vorentoe kyk of liewer na my?

Anro-mari Cohen antwoord: Drasakke kan jou lewe soveel makliker maak. Jou baba is naby aan jou én jy het albei hande los om met jou daaglikse aktiwiteite aan te gaan. Daar is nie net een regte manier om jou baba te dra nie en ook nie net een perfekte drasak nie. Die manier waarop jy jou drasak gaan gebruik sal van jou en jou baba afhang. Jy moet vasstel wat die beste vir julle werk. Daar is wel ’n paar riglyne wat jy kan volg om die beste posisie te vind. In die geval van ’n pasgebore baba is dit beter om jou baba voor teen jou bors te dra met sy gesiggie na jou gedraai. ’n Pasgebore baba wil nog styf teen jou lyf vertroetel word. Wanneer jou baba sterk genoeg is om sy koppie self regop te hou en dit onafhanklik heen en weer te draai, het hy nekbeheer bemeester. Sodra jou baba se nekbeheer ontwikkel het – gewoonlik teen vier of vyf maande oud – kan jy hom omdraai sodat hy vorentoe kyk en sy omgewing kan leer ken. Wanneer hy ouer word, kan jy hom op jou rug begin dra.

Hou gerus die volgende veiligheidsmaatreëls in gedagte:

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees