Hoe om skeidingsangs te hanteer

akkreditasie
Skreeu jou peuter elke slag as jy uit by die deur loop of net badkamer toe gaan? Skeidingsangs is heeltemal normaal. Hier's hoe om dit te hanteer.

Om geskei te wees van jou vir ‘n kort periode sal oor tyd verbeter sodra jou kind die gevoel begin kry en verstaan dat jy hulle altyd in veilige hande sal los en altyd sal terug kom om hulle te kom haal. En met die kennis sal jou kind die moed kry om hulle omgewing vrylik te verken en om die groot wye wêreld aan te vat, met die wete dat hy of sy altyd 'n veilige basis het om na terug te kom.

Skeidingsangs kom gewoonlik voor wanneer jou kind nege maande oud is, maar kan weer opduik gedurende die kleuter en voorskoolse fase. Dit kan ‘n ouer se hart breek om te sien hoe hulle kinders so ontsteld raak oor die gedagte om weg van hulle te wees. Hier is 'n paar maniere om jou kind te help met skeidingsangs:

Berei jou kind:

Vertel vir jou kind wat om te verwag deur te verduidelik waarheen jy gaan, wie na hulle gaan kyk en wanneer jy verwag om terug te wees. Sê dinge soos "Mamma gaan jou voor haar vergadering by Ouma aflaai en dan sal ek jou weer kom haal teen middagete".

Maak dit vinnig:

Wees versigtig om nie die skeidingsproses met 'n lang afskeid te verleng of om jou kind te wys dat jy ontsteld is nie. Jou kleinding kan optel op jou angs en dit dalk verkeerd interpreteer. Gee jou kind 'n vinnige drukkie en 'n soen en verseker hulle dat hulle in goeie hande is voordat jy weer oppad is. Moet nooit loop sonder om jou kind te groet nie.

Verskaf 'n troos voorwerp:

Klein kinders kan troos vind in 'n spesiale item soos 'n sagte speelding of klere-item wat ruik soos jy wat hulle kan vashou terwyl hulle wag vir jou terugkeer. Jy kan jou kind ook 'n gelamineerde foto gee van die gesin en hulle aanmoedig om te kyk na die foto wanneer hulle jou mis.

Myslimkind is Suid-Afrika se voorste program vir Vroeë Kinderontwikkeling (VKO). Kliek hier om aan te sluit by die program.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees