Hoe weet ek baba is oorverhit?

akkreditasie

Vraag:

Dit is amper tyd dat my babatjie gebore word. Ek het gehoor sommige babatjies sukkel om hul temperatuur konstant te hou. Hoe sal ek weet my pasgeborene se temperatuur is konstant? Wat is ’n normale temperatuur vir ’n pasgeborene? Wat is die hoogste of laagste wat dit kan wees?

Antwoord:

Dit kos definitief ’n bietjie oefening om te leer bepaal of jou baba warm genoeg of koel genoeg is. In hul eerste weke sukkel babas taamlik om hul temperatuur konstant te hou. Hulle kan maklik koud kry of oorverhit; daarom is dit makliker om riglyne te hê waarvolgens jy kan werk:

  • As jou babatjie gemaklik slaap en goed drink, is die temperatuur korrek.
  • As jou baba nie knieserig is nie, is hy gemaklik.
  • Voel aan die neusie, handjies en voetjies – as dit koud is, kry baba waarskynlik bietjie koud

’n Goue reël: Onthou dat babas altyd een lagie klere meer as ’n volwassene nodig het in dieselfde temperatuuromgewing. Die normale temperatuur vir babas is 36,5 grade Celsius. Temperature hoër as 38 grade Celsius grade dui oorverhitting of koors aan.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees