book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2020

Hoeveel yster moet my baba inkry?

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

’n Baba se lyf en brein groei geweldigvinnig en hulle het dus baie yster nodig. In die laaste trimester van swangerskap word sowat 80 persent van die yster wat met geboorte in ’n baba se lyfie is, opgeneem en geberg. Daarom het voltermynbabas in die eerste ses maande nie so baie yster nodig nie; net sowat 0,27 mg per dag. 

Babas wat vroeg gebore word, beskik egter nie oor hierdie voorraad nie en daarom het hulle van vroeg af reeds groot hoeveelhede yster nodig. 

Soms is selfs ’n voltermynbaba se ystervoorraad onvoldoende. Dit gebeur as Ma ’n ystertekort gehad het terwyl sy swanger was, of as sy rook, onbeheerde diabetes het, aan hoë bloeddruk ly, plasentaprobleme gehad het wat baba se groei belemmer het, of as baba se geboortegewig laag was. Sulke babas sal dus ook van vroeg af ekstra yster moet inneem. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees