book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2018

Ignoreer liefs dié raad

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Tussen vriende en familie wat net goed bedoel en die dosyne bababoeke wat jy gedurende jou swangerskap gelees het, is dit moeilik om te besluit watter raad om te volg en wat sommer net nutteloos is. Hier bespreek ons die inligting wat jy met gemak kan ignoreer, maar gee ook wenke wat jy gerus kan oorweeg. Onthou, doen wat vir jou werk – selfs as jy raadop voel en geen idee het wat om aan te vang nie, bly jy die enigste en beste ma vir jou kind.

Jy kan ’n pasgeborene nie bederf nie, sê Meg Faure, babakundige en medeskrywer van die gewilde bababoekreeks Koester jou baba. Dis omdat pasgeborenes nie die langtermyn-geheue of verstandelike vermoë het om ’n verband raak te sien tussen hul gehuil en jou reaksie daarop nie. “Pasgeborenes het ’n baie sterk sensoriese behoefte en baie dikwels soek hulle net na die nabyheid van aanraking en beweging,” sê Meg. “Pasgeborenes moet dus gewieg, vasgehou en gekoester word. As jy jou pasgeborene van hierdie liefdevolle dade ontneem, ontneem jy hom van een van sy basiese behoeftes.”

Jy hoef nie voor ’n inenting pynmedikasie te gee nie – inteendeel, dit kan met die inenting inmeng. Klein babas het selde ’n reaksie op inentings en slaap dikwels daardeur. As jou baba vertroosting nodig het, troos haar deur ’n voeding aan te bied. Inentings is waarskynlik vir jou erger as wat dit vir jou baba is.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees