ARDO SE CALYPSO DOUBLE PLUS. Dié borspomp help jou om diskreet albeiborste gelyk uit te melk. Dis maklik om te gebruik en bied 64 kombinasies van stellings. Wanneer jy albei borste gelyk uitmelk, help dit om die melkvolume te verhoog en te behou.Die vakuumseëltegnologie bied 100 persent beskerming teen besmetting.

R4 099 by takealot.com, mediplus.co.za en uitgesoekte babaklinieke.

MEDELA SE FREESTYLE-BORSPOMP. Dis die wêreld se kleinste elektriese dubbelborspomp en maak gebruik van tweefase-uitmelktegnologie. Dis ideaal vir gereelde gebruik en perfek vir bedrywige, werkende ma’s. Die tegnologie boots die natuurlike suigaksie van ’n baba aan die bors na, wat dit gemakliker maak en ook minder tyd aan die borspomp verg. Dié pomp word ook aanbeveel vir ma’s wat probleme het met borsvoeding, soos ’n lae melkvoorraad, hegprobleme, borsinfeksie of seer tepels.

R8 599 by Clicks, Dis-Chem, Baby City en takealot.com.

PIGEON SE NUWE GOMINI™-ELEKTRIESE BORSPOMP. Dié pomp het al drie gesogte internasionale pryse gewen vir ontwerp en innovasie. Dis vir vandag se borsvoedende ma ontwerp. Wat bedoel ons? Dis ligter as jou selfoon en neem minder plek in jou handsak in beslag as jou kosblik. Dit pas perfek in een hand, en die knoppies se funksionaliteit is intuïtief. Die slank ontwerp en sagte kontoere maak dit maklik om te dra en bêre. Die beheerknoppies is ergonomies geposisioneer sodat jy dit met een hand kan gebruik. Dis beskikbaar as ’n dubbelpomp of ’n enkelpomp wat tot ’n dubbelpomp opgegradeer kan word.

R2 999,99 vir die dubbel- en R2 399,99 vir die enkelpomp by Baby City,Dis-Chem en uitgesoekte kleinhandelaars en aanlynwinkels.

SNOOKUMS SE ELEKTRIESE BORSPOMP. Dié borspomp is perfek vir besige ma’s wat maklik, gerieflik en diskreet moet kan uitmelk. Die ontwerp fokus op gemak en het ’n silikoon-masseerkussing wat sagkens op ’n teer bors pas. Verstelbare spoed en sterktes laat jou kies tussen suigaksies wat ’n baba se natuurlike ritme naboots of ’n sterker beweging wat die melk vinniger laat inkom. Die ingeboude litiumbattery hou 90 minute. Die gerieflike staander help keer dat kosbare melk gemors word.

R1 380 by Baby City, Babies R Us, Baby Boom, Game, takealot.com, loot.co.za en ander goeie kleinhandelaars en groot aanlynwinkels.

CLICKS SE MADE 4 MOM HANDPOMP. Hierdie borspomp word vergesel van ’n volledige bottelstel wat van omgewingsvriendelike materiaal gemaak is. Die pomp het drie verstellings vir suigaksie. 

R239 by Clicks.

NUK SE NATURE SENSE-ELEKTRIESE BORSPOMP. Hierdie pomp help optimale melkvloei aan en neem elke ma se individualiteit in ag. Dis ’n sterk pomp met 16 verskillende programme vir suigritme en krag. Die geheuefunksie is nuttig as jy jou gunsteling-stellings wil berg en die LCD-skerm is maklik leesbaar. ’n Herlaaibare battery en ’n AC-aansluitprop gee jou 90 minute pomptyd wanneer dit ten volle gelaai is. 

R3 499,99 by Baby City, Babies R Us, takealot.com en nuk.co.za.

PHILIPS AVENT SE COMFORT-ELEKTRIESE BORSPOMP. Die unieke ontwerp laat jou melk direk van die bors tot in die bottel vloei, selfs as jy regop sit. Daar is drie pompverstellings. Ingesluit by die pak is ’n bottel en speen. Die pomp is kompak en lig en maklik om aan mekaar te sit. Dit word ook maklik skoongemaak, want daar is nie ’n klomp klein onderdele nie. Dit werk met die eenvoudige druk van ’n knoppie.

R2 808,35 by Baby City, Toys R Us, Baby Boom, Dis-Chem, takelot.com, babiesrus.co.za, loot.co.za en babiesafrica.com.

VITAL BABY® SE NURTURE FLEXCONE-ELEKTRIESE BORSPOMP. Die pomp pas sagkens om jou bors danksy sy sagte silikoonborsbeker en -keël. Die suigaksie boots jou baba se suigaksie na en bied jou die mees natuurlike en doeltreffende manier om uit te melk. Die unieke keël en beker masseer die bors op ’n gemaklike manier wat melkvloei aanmoedig. Twee fases bevorder melkproduksie. Die pomp het nege verstellings sodat jy dit kan aanpas by jou eie gemaklikheidsvlak. Die ergonomiese ontwerp sorg daarvoor dat dit draagbaar en lig is, perfek vir gebruik op enige plek.Die pomp word vergesel van ’n handvatsel sodat jy met die hand kan uitmelk. R2 257 by Clicks, takealot.com en babiesafrica.com.

NÛBY SE COMFORT-D SILIKOON-BORSPOMP. As jy iets anders met jou hande wil doen terwyl jy uitmelk, is hierdie die pomp vir jou! Gebruik dit om melk op te vang terwyl jy jou kind aan die ander bors voed of terwyl jy ’n ander pomp op die ander bors gebruik. Die sagte, natuurlik vorm van die beker laat jou vinnig en maklik uitmelk. Die balstopper hou die melk in die houer sodat jy dit maklik kan berg. Dis gemaak van sagte silikoon en die voetstuk suig vas sodat jy nie per ongeluk melk mors nie.

R199,99 by Baby City, Babies R Us en Dis-Chem.