book-icon Uitgawe Augustus & September 2018

Is jou baba reg vir vaste kos?

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Menige nuwe ma voel onseker oor wanneer en hoe om vaste kos bekend te stel, maar dis nie iets waaroor jy jou hoef te bekommer nie. Die geheim is om stadig te begin en baie geleidelik oor te skakel – en voor jy kan sê “hap”, het jy ’n fynproewer grootgemaak.

Jou kind se ontwikkeling is die beste aanduiding van wanneer sy gereed is. Vir die meeste babas is dit wanneer hulle ses maande oud is, maar party kan ’n week of twee vroeër al gereed wees. Moet nooit vaste kos aanbied voor jou baba 17 weke oud is nie. Haar spysverteringstelsel is dan nog nie gereed daarvoor nie en sy sal ook weens haar tongstootrefleks sukkel om te sluk. Buitendien voorsien borsmelk in al haar voedingsbehoeftes en as jy te vroeg met vaste kos begin, kan dit allergiese reaksies tot gevolg hê. Moet ook nie later as 26 weke begin nie. As jy tot te lank ná ses maande wag, loop jou baba die gevaar om nie optimaal gevoed te word nie, want haar voeding- en energiebehoeftes word ál ingewikkelder. Hoewel jou borsmelk steeds ’n uitstekende bron van voeding is, is borsmelk op sy eie ná ses maande nie genoeg nie. Dis ook vir jou baba se ontwikkeling belangrik dat sy nou aan ander smake en eetervarings blootgestel word. Maar hoe weet jy presies wanneer in hierdie venstertydperk jóú baba gereed is? As jy ja op die volgende vrae kan antwoord, is dit tyd vir vaste kos!

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees