book-icon Uitgawe September & Oktober 2020

Jou baba se skedel: Sag, maar tog taai

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Jou baba se skedel be­staan nie uit een been nie, maar uit ’n aantal plate of plat stukke been wat aan mekaar vasgehou word deur vesel­agtige weefsel wat beennate genoem word. Die nate is buigsamer as ’n soliede stuk been en laat die skedelplate toe om styf teen mekaar te druk tydens ’n vagi­nale geboorte terwyl die kop (die baba se grootste liggaamsdeel) deur die ge­boorte­kanaal beweeg. Dit laat ook plek toe sodat jou baba se brein kan groei, wat dit op dramatiese wyse in die eerste lewensjaar doen. In die eerste twee jaar word die fontanelle en beennate mettertyd kleiner, harder en beenagtiger.

Die fontanelle is die sagte plekkies tussen die plate op jou baba kop. As jy na sy koppie kyk, sal jy ’n diamantvormige plekkie bo-op sien. Dis die voorste fontanel. Dié sagte plekkie word met veselagtige weefsel bedek. Jy sal kan sien dat dit effens klop teen die pas van jou baba se hartslag. Ouers is dikwels bekommerd daar­oor, maar dit is heeltemal normaal. Teen die tyd dat jou baba 15 tot 18 maande oud is, sal die skedelplate toegegroei en die voorste fontanel nie meer sigbaar wees nie.

Die agterste fontanel is ’n klein driehoe­kige sagte plekkie agterop jou baba se kop. Dit is heelwat kleiner as die voorste een en jy sal dit dalk nie eens raaksien nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees