book-icon Uitgawe Oktober 2021 tot Januarie 2022

Jou pasgeborene se kopvorm

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Illustrasies: www.starbandkids.com
Illustrasies: www.starbandkids.com

Dis nie ongewoon om ’n nuwe baba te sien wat ’n vreemde kopvorm het nie, veral as die mensie nie baie hare het nie. Soms kan die kop baie lank lyk en ander kere weer afgeplat of selfs asimmetries.

’n Pasgeborene se skedel is in die eerste plek sag omdat dit die natuur se manier is om jou en hom met die bevalling te help. ’n Baba se skedel moet natuurlik ook vinnig kan groei om vir die groeiende brein plek te maak.

Vreemde kopvorms kan weens baie redes ontstaan, soos eksterne drukking in die baarmoeder en drukking tydens kraam, of die feit dat ’n pasgeborene nie veel beweeg nie en dalk sy nekkie pal in een posisie hou sodat daar altyd drukking op dieselfde deel van die skedel is.Dikwels sal jy in so ’n geval sien dat die baba se hare op daardie plekkie uitgedun is.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees