book-icon Uitgawe Augustus & September 2019

Kalmeer baba só

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Kort ná sy geboorte kan jou baba al sy ma se unieke geur tussen ander uitken en soek hy outomaties by jou troos en versorging. Dis dus geen verrassing nie dat een van die reuke wat jou baba die beste kalmeer, jou liggaamsreuk is.

Hou jou baba teen jou vas of dra hom in ’n babadrasak sodat hy jou kan ruik. Hoe minder klere daar tussen julle is, hoe beter. As jy hom nie self kan vashou nie, kan jy ’n kledingstuk by hom neersit waaraan jou geur kleef. (Maak net seker hy kan nie daarin verstrengel raak nie.)

Jy kan ook een van sy babakombersies ’n rukkie lank teen jou lyf dra sodat jou geur daaraan kleef; dit sal hom veiliger laat voel. Moenie te veel parfuum aantik wat jou natuurlike reuk oorheers nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees