book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2018

Kan slaapafrigting skade aanrig?

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

My baba is nou net ouer as ’n jaar. Sy slaap baie sleg. Ek werk en is oormoeg. Ek het geskop teen slaapafrigting, maar voel nou dit is my enigste opsie. Is slaapafrigting skadelik vir haar?

Lenmarie Stanton: Baie dokters en ouers meen dis in orde om jou kleuter vir ’n rukkie te laat huil tot sy weer aan die slaap raak. En baie ouers wonder of dit hul baba gespanne maak, of dit hulle emosioneel benadeel en of dit skade aan hul verhouding met hul kind sal aanrig.

Slaapafrigting is omstrede, maar volgens ’n onlangse studie in die joernaal Pediatrics is die antwoord op al die bogenoemde vrae nee. Die navorsers het gekyk na die vlak van die streshormoon kortisol by babas en ouers, die ouers se spanningsvlak, emosionele en gedragsprobleme en die bindingspatrone van ouers en babas. Hul bevinding was dat dit in orde is om jou baba ’n bietjie te laat huil; dat almal beter sal slaap en dat almal dan gelukkiger sal wees.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees