book-icon Uitgawe Februarie tot Mei 2022
Deel

Kiemvrye bottels vir baba

akkreditasie
Getty/Gallo Images
Getty/Gallo Images

Jou pasgebore bondeltjie is kwesbaar omdat sy immuunstelsel nog onderontwikkel is, wat dit makliker maak vir infeksies of siektes om ’n houvas te kry. Die beste manier om jou baba teen infeksies te beskerm is met borsvoeding, maar as dit nie moontlik is nie of jy moet teruggaan werk toe en jou baba moet bottel drink, is die deeglike sterilisasie van al sy voedingstoerusting een van die belangrikste maniere waarop jy hom kan beskerm, veral teen siektes soos gastroënteritis.

Kenners verskil oor presies hoe lank jy jou baba se bottels en ander voedingstoerusting moet aanhou steriliseer, maar die meeste is dit eens dat dit minstens in die eerste ses maande altyd gesteriliseer moet word. Ander kenners beveel aan dat jy aanhou tot jou baba ’n jaar oud is, omdat hy dan genoeg van sy eie teenliggaampies kan maak om infeksies beter te beveg, terwyl nog ’n groep aanbeveel dat jy aanhou steriliseer tot jou baba nie meer bottel drink nie. As jy wel ná ses maande ophou om jou baba se bottels te steriliseer, moet jy baie seker maak dat jy steeds al sy voedingstoerusting baie deeglik met warm water en seep was.

Alle voedingstoerusting moet in die eerste ses maande gesteriliseer word. Dit sluit in bottels, tiete, botteldoppies en -skyfies, fopspene, tepelskerms as jy dit gebruik, en jou borspomp, asook die tangetjie waarmee jy die bottels en tiete hanteer. As jy byvoorbeeld jou baba se formulemelk met ’n metaalmes afskraap, behoort jy die mes ook te steriliseer.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees