book-icon Uitgawe Oktober & November 2019

Kleinding se eerste bad

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

As jy dit eers onder die knie het, is badtyd een van die spesiaalste ervarings wat daar is. En jy gaan dit boonop vir nog baie lank onthou. Volg ons gids om jou baba se badtyd met selfvertroue aan te pak.

In die eerste paar weke van jou pasgeborene se lewe is dit nie nodig om haar ’n volwaardige bad te gee nie. Sy slaap en drink net heeldag en word tog eintlik nie vuil nie! Die Amerikaanse pediatrie-akademie beveel aan dat pasgeborenes wie se naelstringstompie nog nie afgeval het nie, liewer net ’n sponsbad kry. Die geheim is om alles voor die bad reg te sit. Vir ’n sponsbad het jy ’n warm kamer met ’n plat oppervlak nodig. ’n Badkameroppervlak, kombuistoonbank, ferm bed of doekruiltafel is alles moontlikhede. Lê ’n sagte handdoek, kombers of doekruilmat neer waarop jou baba kan lê. Kry daarna ’n waslap, handdoek, matige en bevogtigende babaseep, matige babasjampoe (as jy gaan hare was), watte, ’n skoon doek en ’n stel klere gereed. Vul ’n wasbak of skottel met ’n bietjie warm water. Maak seker die temperatuur is geskik en nie te warm nie deur dit met die binnekant van jou gewrig of elmboog te voel. Omdat ’n pasgeborene se vel so dun is, sal sy die hitte meer intens as jy voel. Die ideale watertemperatuur is 36 grade C vir pasgeborenes en tussen 37 en 38 grade C (liggaamstemperatuur) vir babas. Toets die water met ’n badtermometer as jy onseker is. Onthou om jou hande te was vóór jy jou baba bad omdat jy om sy oë en gesig gaan werk. Trek jou kleinding dan uit en draai hom in ’n handdoek toe. Stel slegs die dele bloot wat jy onmiddellik gaan was om te keer dat hy koud kry.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees