book-icon Uitgawe Augustus & September 2018

Kleinsus se sagte skedelnate

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Die mens se skedel bestaan uit baie bene wat aan mekaar geheg is om een stewige, benerige “helm” te vorm wat die brein beskerm. ’n Gesonde baba word egter nie gebore met al hierdie kopbene reeds geheg nie. By pasgeborenes is daar op sekere dele van die skedel nog sagte, oop plekkies tussen die bene. Dié dele, wat ook die skedelnate genoem word, groei mettertyd toe. Dokters noem dit die fontanelle. ’n Kinderbrein groei teen ’n verstommende pas en die skedelbene kan nie byhou nie. Daarom bly die fontanelle tot op ’n sekere ouderdom “oop” om jou baba se brein ruimte te gun om groter te word. Fontanelle word soos die res van die brein met ’n bindweefsellaag bedek. Normale babas het gewoonlik ses fontanelle – twee grotes bo-op die kop en vier kleintjies aan die kante van die kop. Dit is hoofsaaklik die twee grotes waaraan pediaters en klinieksusters hulle steur wanneer hulle jou baba ondersoek. En dít is wat jy oor die fontanelle behoort te weet …

Die twee groot fontanelle is aan die bokant van jou kind se kop. Die een op die bopunt van die kop is min of meer diamantvormig en aanvanklik sowat 2 by 3 cm in omtrek. Dié sagte plek staan ook bekend as die anterior (voorste) fontanel en dit groei saam met jou baba se kop. Dit is dus normaal dat hierdie sagte plekkie heelwat groter is teen die tyd dat jou baba ses maande oud is. Dit is ook dié fontanel wat belangrike inligting oor ’n baba se gesondheid kan verklap. Die voorste fontanel is die grootste fontanel en groei eers teen 18 maande toe. In sommige bronne word hierdie proses as “verbening” beskryf. En dit is eintlik presies wat gebeur wanneer minerale deur die skedelnate opgeneem word en dan verhard sodat die benerige plate van die skedelbeen ineensmelt. Die ander sagte plekkie bo-op baba se kop, wat as die posterior (agterste) fontanel bekendstaan, is heelwat kleiner. Dié fontanel is driehoekig en skaars ’n halwe sentimeter groot. Dit sluit iewers tussen ses en agt weke oud. Jy sal hierdie sagte plekkie net onder die kroon van jou baba se kop reg op die middellyn van sy skedel voel.

Kloppende fontanelle ’n Baba se fontanelle klop soms sigbaar. Is dit normaal? Ja, sê kenners. Dis bloot die bloed wat deur die are in sy brein pomp.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees