book-icon Uitgawe Desember 2017 & Januarie 2018

Kolostrum: die towerdrankie vir babas

akkreditasie

Lank voor ’n baba gebore word, begin Moeder Natuur al sy kosvoorraad gereed kry. Teen die 16de week van swangerskap begin daar ’n verandering in jou borste plaasvind en is daar ’n effense vergroting van die alveoli of melkkliere (die druiwetrosvormige kliere waar die melk geproduseer word). Dit gebeur gewoonlik sonder dat jy dit eens agterkom. Teen die tyd dat jou baba gebore word, is daar al ’n ongelooflike eerste voeding wat op hom wag: kolostrum.

Kolostrum is ’n baie spesiale soort voeding – een van die belangrikste kosse wat jou baba ooit sal inneem. Dit is die eerste melk wat deur ’n ma se borste geproduseer word, spesiaal vir daardie eerste twee tot vyf dae ná haar baba se geboorte, voor die borste meer volwasse melk begin produseer.

Tydens baba se aanpassing by die lewe buite die baarmoeder is kolostrum die ideale voeding. Om die waarheid te sê, dit is meer as kos: Dit is ook jou baba se eerste immunisasie. Dit voldoen presies aan die behoeftes van jou pasgebore baba. Elke keer wanneer jy jou baba voed, kry hy teelepels vol kolostrum in – presies genoeg vir sy klein magie en onvolwasse niere.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees