book-icon Uitgawe Oktober & November 2018

Kostaboes vir baba

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Ons almal weet dat die hond se kos en die potplant se grond eerder vermy moet word, maar daar is ’n paar ander soorte kos wat babas nie moet eet nie en wat minder voor die hand liggend is. In die eerste vier maande moet alle kos vermy word; geen baba mag voor vier maande enige kos eet nie. Die meeste babas sal eers teen ses maande gereed wees om te begin eet, en dan ook nie sommer enige ding nie. Hier is ’n paar soorte kos wat vir babas jonger as ’n jaar heeltemal verbode is.

Heuning kan gevaarlik wees vir babas jonger as 12 maande omdat dit spore van die bakterie Clostridium botulinum kan bevat. As ’n baba hierdie spore inneem, sal dit in die dikderm groei en giftige stowwe afskei wat die siekte botulisme veroorsaak. Babas jonger as ’n jaar is veral sensitief daarvoor omdat die goeie bakterieë in hul dermkanaal nog onvolwasse is en hulle nog nie genoeg galsure maak wat die groei van die bakterieë belemmer nie. Botulisme tas die spiere aan en sal algemene swakheid veroorsaak. Selfs die asemhalingspiere word aangetas, wat sonder behandeling tot die dood kan lei. Daarom mag geen baba onder ’n jaar medisyne, aanvullings, drankies of kos kry wat heuning bevat nie, nie eens ’n titsel nie. Clostridium botulinum kom ook in grond voor en daarom moet groente en vrugte wat met grond in aanraking was, baie goed gewas en/of geskil word.

Verwerkte vleis soos Weense worsies, ham, polonie en ander kouevleissoorte word nie aanbeveel vir enige kind nie, wat nog te sê babas. Verwerkte vleis bevat baie sout en ongesonde vet, asook nitrate en nitriete wat ’n rol kan speel in die ontwikkeling van kanker. Dis dus beslis nie vir baba bedoel nie. Gee liewer vars vleis, hoender en vis met maaltye en vir peuselhappies vrugte, groente of jogurt.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees