book-icon Uitgawe Desember 2019 & Januarie 2020

Kry my baba genoeg melk?

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Niks kan jou eintlik voorberei op die reuse-verantwoordelikheid wat jy voel wanneer jy jou nuwe baba ná die geboorte vir die eerste keer in jou arms vashou nie. Gelukkig skop instink (en hormone) vinnig in, en kort voor lank voel die nuwe dingetjie tuis in jou arms. Maar in die een of ander stadium kort ná jou baba se geboorte is dit heeltemal normaal om te wonder of jy genoeg borsmelk vir jou baba maak. Jy twyfel moontlik omdat jou baba al die hele dag aan jou drink of sommer net knieserig is. Moet egter nie aanneem dit is weens ’n tekort aan melk nie. Hierdie wenke sal jou gerusstel dat jou baba gesond is en na wense groei. 

Voed jou pasgeborene wanneer sy wil drink of wanneer sy vir jou wys sy is honger. Jy sal weet sy is honger wanneer sy huil of aan haar handjies suig. In die eerste paar weke kan dit voel of jy die hééltyd sit en voed. Dit is omdat jou baba se magie klein is en jou borsmelk vinnig verteer word. 

Moet egter nie moed verloor nie, want hierdie fase gaan vinnig verby. Fokus op haar en haar behoeftes, hou haar vas, gesels en sing vir haar.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees