book-icon Uitgawe November & Desember 2020 & Januarie 2021

Kyk ma, ek eet self!

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Jy het klaar die bruggie na vaste kos oorgesteek en nou lyk dit of jou baba gereed is vir nog ’n stap vorentoe. Vingerhappies sal jou in staat stel om hom ’n groter verskeidenheid kosse aan te bied, wat die basis vir gesonde eetgewoontes lê. Dit gee ook jou kleinding ’n mate van beheer oor hoeveel en wat hy eet. Jy kan maar seker wees dat hy soms net met die kos gaan speel, terwyl hy ander kere met groot erns sal probeer om daardie kos in sy mond te kry.

Vingerkos speel ook ’n baie belangrike rol in jou kleinding se ontwikkeling: Dit stel jou kind bloot aan hope nuwe, growwe teksture en ’n ver­skeidenheid smake waar-mee hy kan eksperimenteer. Dit gee sy kake, tong en mond goeie oefening, wat later met spraak kan help.

Boonop oefen die raakvat van die kos jou baba se fyn motoriese vaardighede en hand-oog-koördinasie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees