book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2018

Hier is 'n slaaproetine vir jou baba

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Slaapkenners is dit eens dat ’n roetine die geheim van beter slaap vir jou en jou baba is. Babas is op hul gelukkigste wanneer hulle in ’n roetine is, want hulle weet wat om volgende te verwag. Babas met voorspelbare slaaprituele slaap makliker, dieper en langer. Wanneer jou baba se brein die eerste stappe van die slaaptydroetine herken, voel hy dat die hele patroon bymekaarkom en dit help dat hy vinniger aan die slaap raak.

Jy kan die slaaproetine begin vestig wanneer jou baba tussen ses en agt weke oud is. Babas jonger as ses maande kan tussen 18:00 en 19:00 gaan slaap en ouer babas tot en met 18 maande tussen 19:00 en 20:00, sê die slaapkonsultant Nicole Johnson in haar e-boek 5 Ways to Help Your Child Sleep Through the Night.

Hoe jy jou baba se roetine aanpak, hang af van jou persoonlike voorkeur. Volharding en ’n kalmerende skedule wat aand ná aand dieselfde lyk gaan egter julle sukses bepaal. Jou roetine kan in die bad- of woonkamer begin, maar maak seker dat dit in die ruimte eindig waar jou baba slaap. Dis belangrik dat jou baba van sy slaapruimte hou en dit met aangename ervarings verbind, sodat dit nie net ’n plek word waar hy gelos word om te slaap nie. Onthou ook dat wat vir jou vriendin, suster of ma gewerk het, moontlik glad nie vir jou gaan werk nie. Hou dus by wat vir julle die beste is.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees