book-icon Uitgawe Oktober & November 2019

Maak baba sterk

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Daar is deesdae wonderlike geriefsmiddels tot ons beskikking om die lewe met baba makliker te maak, soos motorstoeltjies wat aan stootwaentjies vasgeknip word sodat jy baba nie hoef uit te tel nie, of swaaie en bonsstoeltjies wat baba besig hou terwyl jy sy bad regkry. Hierdie hulpmiddels is goud werd, maar kenners waarsku dat die oormatige gebruik daarvan meer kwaad as goed aanrig. Die grootste gevaar is dat jou pasgebore baba as gevolg daarvan dikwels hopeloos te veel tyd passief in dieselfde posisie deurbring.

Die Suid-Afrikaanse skrywer en arbeidsterapeut Megan Faure sê die hoofdoel van die groot motoriese stelsel in die eerste jaar is om baba beheer oor swaartekrag te leer. As jou kleinding egter heeltyd in dieselfde posisie verkeer, kry hy bitter min geleentheid om sy spiertjies die nodige oefening te gee. Dit kan uiteindelik veroorsaak dat hy mylpale soos rol en kruip later haal. As jy hom in sy motorstoeltjie ronddra of stoot, bly hy heeltyd in dieselfde posisie. Dra jy hom egter in jou arms, verander jy outomaties elke af en toe sy posisie – en elke keer moet sy lyfie en spiere dan ook ’n klein aanpassing maak. Sodra jou baba in ’n ander posisie gehou word, kry nuwe spiertjies oefening. So verbeter sy spiertonus, balans en koördinasie mettertyd.

’n Plat plekkie agter die kop kan in die eerste twee maande vinnig ontwikkel terwyl jou baba se skedeltjie nog baie sag is. ’n Opname deur Pathway Awareness, ’n Amerikaanse organisasie wat hom beywer vir die bewustheid van bewegingsprobleme by babas, het getoon dat die toenemende gebruik van motorstoeltjies, babaswaaie en bonsstoeltjies tot ’n plat kopvorm kan bydra. Omdat babas deesdae op hul ruggie slaap om wiegiedood te help voorkom, is hulle meer geneig tot afplatting van die kop. As hulle dan boonop in hul wakker tye ook met hulle agterkop teen iets lê eerder as op hul magie, kan dit die situasie vererger en in ernstige gevalle ’n kind se ontwikkeling belemmer.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees